My volgende stap

By NLB glo ons dat daar altyd ‘n volgende stap is. Ons weet dat nie almal is op dieselfde geestelike plek in hulle lewens nie, en mense stap ook nie teen dieselfde pas nie – maar elkeen het ‘n volgende stap. Hierdie stappe behoort nie as trappe gesien te word nie, meer eerder as ‘n roete. Ons wil dit vir jou maklik maak om ‘n volgende stap te vat.

KIES JESUS

As jy nog nie ‘n besluit gemaak het om Jesus te volg en Hom aan te neem as jou Redder nie. Is dit verseker die eerste stap in jou geestelike reis. Dit is die beste besluit wat jy ooit sal neem.

EERSTE 15

Spandeer daagliks jou eerste 15 minute met God.

  • Aanbid “worship” (5min)
  • Lees Bybel (5min)
  • Bid (5min)

WOON DIENSTE GETROU BY

Saam is ons beter. Waarheid, genesing en groei vind plaas wanneer ons saam stap. Bly by die “trop” – bly gekonnekteer. Isolasie vernietig mense.

  • Dawid was alleen op die dak toe oorval versoeking hom.
  • Elia was alleen onder die Besembos – toe sak depressie op hom neer.
  • ‘n Leeu jag nie in die bondel nie – hy soek die alleen loper!

DOEN GROWTH TRACK

Hoor ons storie, die hartklop en DNA van NLB. Hier kan jy deel word van die gemeente. Ontdek ook jou eie unieke roeping, bediening en gawes. Leer meer oor jou temperament  en ontdek wat jou beste dien-geleentheid is by NLB. Kom maak saam ons ‘n verskil!

BOU STERK FONDASIES

Hoor ons storie, die hartklop en DNA van NLB. Hier kan jy deel word van die gemeente. Ontdek ook jou eie unieke roeping, bediening en gawes. Leer meer oor jou temperament  en ontdek wat jou beste dien-geleentheid is by NLB. Kom maak saam ons ‘n verskil!

WORD IN WATER GEDOOP

Die waterdoop is nie iets wat jy aan die einde van jou geestelike reis doen nie, maar aan die begin. Die Bybel wys ons keer op keer nadat mense Jesus kies en tot bekering kom hulle dadelik gedoop is.

KINDERTOEWYDING

Ons dien ‘n God van generasies. Dit sal vir ons ‘n voorreg wees om jou kinders aan die Here toe te wy. 

DOEN IETS OM 'N VERSKIL TE MAAK

Raak deel van die Dream Team. Almal van ons is deur God geskape om ‘n verskil in die wêreld rondom ons te maak. God het ‘n plek vir jou waar jou unieke vermoëns en passies die lewens van ander kan beïnvloed. Ons glo jou lewe sal nooit sin maak totdat jy jou doel vind, ontwikkel en vervul nie.

  • Die DREAM TEAM bestaan dan uit almal wat iewers by NLB dien.
  • Die DREAM TEAM verbind mense met geleenthede om ander te dien.

Ons glo:

  1. Elkeen het ‘n BEDIENING.
  2. Elkeen is ‘n “10” in ‘n SEKERE AREA.
  3. Elke taak is BELANGRIK.

SKAKEL IN BY 'N KLEINGROEP

Ons KLEINGROEPE het twee eenvoudige hoof doele: Ons promoveer

gesonde VERHOUDINGS, en saam met dit gesonde GROEI.

God het ons geskep om met mekaar omring te wees – en dit is een van die maniere

hoe ons die volle lewe kan ervaar wat God vir ons in stoor het – in KLEINGROEPE.

Ons NLB KLEINGROEPE skep 3 geleenthede:

‘n Plek om veilig te KONNEKTEER met ander;

‘n Plek om mekaar te BESKERM;

en ‘n plek om saam te GROEI.

Ons KLEINGROEPE is vryemark. Dit vind hoofsaaklik plaas 1 maal ‘n week op ‘n week dag/aand, met breuke tydens skool vakansies.

ALMAL kan aansluit en ALMAL kan een aanbied! Wat van jou?

VOLG 'N BYBELLEES PROGRAM

DOPING MET DIE HEILIGE GEES

Doping met die Heilige Gees is ’n aparte, definitiewe ervaring ná wedergeboorte, waar die gelowige met die krag van die Heilige Gees vervul word. Dit bring ’n dieper verhouding met God, geestelike krag en spreking in ander tale. Dis God se teenwoordigheid op ‘n mens sodat jy die bonatuurlike kan beleef en regkry. Dit maak jou effektief in God se diens.

EK IS REG OM 'N VOLGENDE STAP TE VAT: